Tuesday, January 10, 2012

Die paaie van gister


Een ding was die ou mense goed mee, infrastruktuur. Hulle kon paaie, hawens, spore en lughawens bou soos min ander. Atome gesplit, krag opgewek, petrol uit steenkool getower, oorloĆ« gevoer en heel die belangrikste, staal gemaak. Ons lewens was gedefineer en sonder bekommernis. Ons was so gelukkig.
      Die oorlewendes wat die rade en institute bestuur het, sal jy nog op Dinsdag oggende in die malls in Lynnwood sien waar hulle skuifel in die gange agter pensionaris winskopies aan. Buite staan sy nog geparkeer; 'n spotless 1992 C klas gekoop met hul pakketgeldjie, die laaste vashou dingetjie aan die goeie-ou-dae.      
    Nou om dit reg te kry het jy ystererts en kookssteenkool nodig. Toe bou hulle reuse myne. Net jammer kookssteenkool is maar skaars. Toe vind ons uit dat op die Botswana grens is daar reuse hoeveelhede. Ver van als, geen water, maar dis daar. Die gehalte maar swak maar as jy dit kan meng met goeie goed kan jy ver kom.
        Op grond van net 4 boorgate op die plaas Grootegeluk, begin dit alles toe. Dadelik 'n nuwe probleem, as jy nou die goeie van die kwade geskei het, wat maak jy nou met die berge oortollige koolstof? Los dit net so, dan slaan dit aan die brand. Geen probleem, aangesien Sy Edele Barend du Plessis, minister van finansies, 'n diep sak gehad het, bou ons gou 'n klein kragstasietjie en brand als sinvol!
        So ... September 1981 stap ek verskrik by die blink nuwe myn in en glo nie wat ek sien nie. Eerste opdrag, ons moet Eskom, oeps ... EVKOM, kry om die kragstasie baie groter maak. Ons is boere en hulle is Engelse en ons werk nie so lekker saam nie. Ons bou reuse wiskundige modelle, stuur data op bande met die bus (onthou die Internet was nog 12 jaar die toekoms in...), ek vlieg selfs twee keer Oz en Kanada toe om stelsels onwettig te gaan koop. Daai lande mag mos nie met ons sake gedoen het nie. Die gevolg was natuurlik 'n reuse smokkel netwerk van KWV wyn na genoemde lande. Verbied iets, en die mens sal smokkel met Roodeberg en Biltong (="jerky") voor in die tou!
    Ons en die leweransiers smokkel dit onder vals name deur Switserland. Sies vir ons! Ons skuif die grense en Es(v)kom knik sy kop!
     Hulle bou toe die grootste kragstasie op die planeet wat droog verkoel is. Die lewe is mooi en Grootegeluk gaan van krag tot krag. Alles onder leiding van ons besturende direkteur, oorlede oom Ben Alberts, dierbare mens wat my lewe soveel beinvloed het.

     Ongelukkig skuif daar ook bietjie arrogansie in, want ons is mos groot en ryk. Hulle word amper so erg soos Sishen. Die kleiner myne sukkel, die mense daar bly nederig en ons kry eintlik soveel meer reg. Thabazimbi die ster onder almal, maar niemand gee hulle die eer wat hulle toekom nie. Op Thaba het jy net altyd 5 jaar se lewe oor en almal beveg die vyand uit dieselfde loopgraaf.

   


        Teen die laat '80s word die Joodse miljarders ongelukkig en begin kla oordat Barend met alles sit. Sosialis! Ons klim in die bed met Sasol (wat mos ook aan Barend Edms Bpk behoort) en doen 'n reuse studie om net die beste vir ons self uit te soek en dat hulle die stukkies wat van die tafel af val kry.
Londen 2005:  HJ Smith, Louis van Niekerk,
Kevin Robertson, oom  Ben  en  Kristin Podbransky 
en daai arme vaal ou wat al die werk moes doen.
    Alles verander, Barend sien die lig, en baie Rande wat kan invloei in sy koffers, en Sasol en Yskor blaas die koedoehoring in '99 en word op die effektebeurs noteer.       Die bestuur kry die trekpas. Hans J Smith neem oor en op 1 April 1994, "April Fools Day", dank hulle almal bo 50 af en derduisende verlaat ons.
    Niemand was meer oor wat weet hoe om na die oond te luister nie dan op almal te skree, "Boor maar ouens, hys reg!" Toe brand die hoogoond in Newcastle deur, bykans 'n biljoen rand skade, die hofsake hou jare aan.    
        Ellisras/Leps is vandag die plek 2e in ons mooi land waar eiendomme se pryse die vinnigste styg. Die res daal dit ongelukkig. En heel bo aan die lys? Clifton of Sandhurst? oo nee, Ogies natuurlik! Hoekom sou jy nou wou weet? Nog 'n energie dorp met die Kusile kragstasie.  
   14 jaar van my lewe waarvan 50% in en om Grootegeluk spandeer is. Besoek Ellisras-Lephalale seker 100 keer en ry dikwels die bykans 700km in een dag heen en weer met 'n glimlag. Augustus 1994 verlaat my pos om meer vervelige werk in godverlate plekke; Vietnam, Kazakhstan, Peru, Mosambiek, Oz en die VS van A te gaan doen.
      En 'n dekade later, implimentering van "Shared Services" en besoek dit weer.
     Groet Kumba Resources in 2005, wetende dat mens se tyd iedergeval uitloop. Hartseer na 'n droom loopbaan, maar daar was nuwe horisonne om te bereik. Laat dosyne vriende agter, die mooiste mense onder een dak, maar met die regte besluit om nooit weer terug te gaan nie. Klompe kontrakte gedoen, maar die voorwaarde eenvoudig; nie op die terrein nie en met mense wat ek nie ken nie. Sishen potensiaalstudie, IM BEE implimentering, kennisbestuurkongres en die Ingenieurs in Opleiding kongres saam met Allan Heyl (van Stander gang faam) oor hoe beroof jy Standard Bank in minder as 20 minute van R700k in 5 maklike stappe!
    Toe hoor my kinders, ook verveeelige meganiese - en bedryfsingenieurs, dat hulle 'n nuwe kragstasie, 4e grootste op aarde, (Ons is steeds nie skaam nie!) moet gaan bou. Hulle werk daarop saam met 15000 ander en hulle trek daarheen. Onverwacht is met derduisende huise uitgebrei, tog baie dieselfde gebly, die mooie bome wat uniek is om mee te begin.
     Om na 8 jaar weer daar te wees bring herinneringe, bietjie verwarring, vrae en vreugdes oor die mooi wat was en steeds is. Ook bietjie wonder oor wat van wie geword het? 


     Baie dinge het dieselfde gebly, ander nie. Die hoofstrate se name het wel verander. Die ene is bv na 'n groot lughawe vernoem.





Die 25 jaar oue Matimba. Die grootste op aarde wat lugverkoel is. Dit werk soos die ou VW Beetles, als lugverkoel en 'n massiewe 400 megawatt word daarvoor gebruik. Hy wek 3600 mw op wat omtrent so 8% van die land se verbruik is.

Van grend gepraat, dit hou net aan en aan! Hier op 'n oggend net 15000 mense met harde hoede op. As hy klaar is sal die twee so 12% van al ons land se krag vir ons gee. Die einde van load shedding!


 

     Hier reverse jy steeds agteruit met jou kar se bagasie bak eerste. Na al die jare parkeer ek nou nog by Pick en Pay op die manier!



In Onverwacht is daar bome en bome en nogmaals bome. Selfs mooier as Parktown en alles is inheems.







Die mooiste is dat hulle bome net so gelos het selfs in die middel van die straat!


 
Terug tot verandering, het jy opgelet dat die mens, dis nou ek en jy, ook maar bietjie important wil wees? Nuwe buurte word "Estates" en   "Villages" ons woon in "Boulevards" en "Avenues". So het selfs die oeroue getroue Vakopleidingsskool ook nou 'n "Kollege" geword!












As jy inkom in die dorp is alles nou Engels, mens wonder net watter nuwe mineraal hulle nou weer hier ontdek het en watter mooi implikasies dit vir ons gaan inhou? Ek is vrugteloos deur my dik mineralogie boeke, was toe na die Raad vir Geowetenskap vir hulp, maar tevergeefs. Die ouens is ons almal al weer ene voor, hulle het "COLE" ontdek!



En Matimba stoom voort jaar na jaar


Die buurman van die kinders was saam eeue gelede op U Stellenbosch. Hy het my nog geleer hoe werk 'n mikroskoop. Nou is hy die ywerige versamelaar van pragtige antieke voertuie, sommer sewe daarvan!




Die ander ou onder in die straat, die dierbare Jan Pretorius en sy vrou, het so mooi na die outjies gekyk. Weer 'n bewys dat soos Con, Vlam en Mike, mynbouingenieurs ook 'n hart het.




Gesels met die outjies, almal kragstasie ingenieurs, hulle moet hoor dat ons op Es(v)kom daar gewerk het voor hulle gebore is. Kyk na my asof ek daar met die Groot Trek aangekom het!

 So lyk mens as jy tot jou skok moet uitvind jou oupa gaan nou terug Pretoria toe ry.




Oppad terug, 'n mooie gesig. Thabazimbi, "berg van yster". Dit behoort nou aan die Jode wat op die ou end mos al weer hul sin gekry het. Ek was al in 1975 as student bo-in die berg, toe nog 'n ondergrondse myn.
    Deesdae neem hulle die toppe van die berge weg.

En oom Ben? 'n Goeie ou sal altyd deur almal onthou en vereer word. Die Jode, slim soos hulle maar is, eer hom en sy pa.


Die paaie loop verder met 'n besoek Julie 2013 aan Vryheid. Ongelukkig nie tyd vir Durnacol nie, maar die hoogoonde van Newcastle versier die horison. toe 'n vroeg oggend uitry na die groot kooks verskaffer, nou nie meer met ons, Hlobane.

En amper by die huis, 'n ou vriend, Leewpan! Hier het ons met niks begin, net Moabsvelden, Witklip en Leeuwpan en ons het geboor en geboor en planne beraam.

En nou, gegroet vir altyd, maar die mooiste herinneringe bly. Dit het ons gevorm soos niks anders en ons nuwe lewens gemaak wat dit is.